# Die parlementêre portefeuljekomitee oor Polisie het ernstige kommer uitgespreek oor die toestand van baie polisiekantore in die land. Die komitee het verlede week oorsigbesoeke in die Oos-Kaap en KwaZulu-Natal gebring. Van die kwessies waarop die komiteelede afgekom het, is haglike werkstoestande, selle wat nie gebruik kan word nie en personeeltekorte. Die komitee doen ʼn beroep op die SAPD-bestuur en die Departement van Openbare Werke en Infrastruktuur om beter werkstoestande te skep wat beamptes se moraal sal verhoog.
Parlementêre komitee vra beter werkstoestande by polisiekantore