# Capitec het aangekondig sy nuwe uitvoerende hoof sal Graham Lee wees. Hy was die groephoof vir die kleinhandelbank-afdeling en volg die groep se uitvoerende hoof en stigterslid, Gerrie Fourie, op wat ná 25 jaar van leierskap sal uittree tydens die algemene jaarvergadering in Julie. Capitec het onder Fourie se ampstermyn tot Suid-Afrika se voorste digitale bank gegroei en spog met meer as 24-miljoen kliënte. Lee het in 2003 by Capitec aangesluit en verskeie strategiese posisies beklee. Die raad het bevestig ‘n gladde oorgang is aan die gang.
Graham Lee neem in Julie oor as nuwe uitvoerende hoof van Capitec