# Die EFF sê hy veroordeel wat hy beskryf as die uitlokkende en vyandige benoeming van Leo Brent Bozell die Derde as Amerika se ambassadeur na Suid-Afrika. Bozell het die Media-navorsingsentrum gestig, ʼn konserwatiewe waghondgroep wat vermeende liberale vooroordeel in hoofstroommedia uitlig. Die EFF sê Bozell is ʼn bekende konserwatiewe denker en verdediger van regse ekstremisme. Hy sê hy beskou die aanstelling as ʼn teken dat president Donald Trump Suid-Afrika regstreeks teiken.
EFF veroordeel Bozell se benoeming as ambassadeur na Suid-Afrika