Skip to content

Die WGO doen beroep vir dringende optrede om lugbesoedeling te takel

# Die Wêreldgesondheidsorganisasie doen ‘n beroep vir dringende optrede op ‘n wêreldwye skaal om lugbesoedeling te takel wat hy sê die grootste omgewingsgesondheidsrisiko is. Data toon 99-persent van die wêreldbevolking asem lug in wat laer is as die WGO se standaard en dit bevat hoë vlakke van besoedeling. Lae- en middel-inkomstelande word die meeste blootgestel. Lugbesoedeling veroorsaak jaarliks sowat sewe-miljoen sterftes aan chroniese asemhalingsiektes en longkanker. Die WGO sê beleid om lugbesoedeling te bekamp, bied ‘n wenstrategie vir die klimaat én gesondheid.