# Atletiek: Die 23-jarige Prudence Sekgodiso het Suid-Afrika se eerste goue medalje op die Binnenshuise Wêreldkampioenskap in Nanjing, China, gewen. Sy het die 800-meter vir vroue in ‘n puik tyd van een minuut-58,40-sekondes gewen, met Nigist Getachew van Ethiopië tweede en Patricia Silva van Portugal derde. Sekgodiso se goud is die land se tweede medalje op die kampioenskap, wat saam met Akani Simbine se brons in die 60 meter, Suid-Afrika nou in elfde plek op die medaljelys plaas. Dit is die eerste medalje ooit vir ‘n Suid-Afrikaanse vrou op die kampioenskap.
Atletiek: Prudence Sekgodiso wen goud op die binnenshuise wêreldkampioenskap