Skip to content

Wes-Kaap waarsku oor tekort aan skerpioen-teengif

# Die Wes-Kaapse regering het ‘n beroep op die publiek gedoen om waaksaam te bly aangesien daar nie meer baie skerpioen-teengif beskikbaar is nie. Die provinsiale regering het veral die dikstertskerpioen uitgelig, die giftigste spesie wat in die gebied voorkom. Inwoners word aangeraai om voorsorgmaatreëls te tref, soos om hul skoene uit te skud voor hulle dit aantrek, veral ná sononder, en rommel op te ruim en rotsagtige gebiede te vermy waar skerpioene kan wegkruip.