# President Cyril Ramaphosa het sy hartseer uitgespreek oor die afsterwe van Suid-Afrikaanse Hindu Maha Sabha president Ashwin Trikamjee op die ouderdom van 80. Trikamjee, ‘n prokureur en Swart Bewustheidsaktivis, was ook ‘n kampvegter vir die regte, sport en godsdiens. Die presidensie sê sy leierskap as regsberoep en sy toewyding aan godsdiensverdraagsaamheid het baie gemeenskappe beïnvloed. Ramaphosa het sy innige simpatie met sy familie, vriende en kollegas betuig.
President Ramaphosa betreur die heengaan van Ashwin Trikamjee