# Die Stad Tshwane se biblioteke in samewerking met die Gautengse provinsiale Departement van Sport, Kuns, Kultuur en Ontspanning het ʼn nuwe Akasia-gemeenskapsbiblioteek geopen. Die bouwerk het in Oktober 2017 begin en sou in November 2018 voltooi wees. Dié datum is egter weens verskeie oponthoude telkens verskuif. Gauteng se Onderwys-LUR, Matome Chiloane, het die gemeenskap aangemoedig om hierdie instelling te koester en op te pas, en seker te maak dit bly ʼn veilige en inspirerende leersentrum vir toekomstige geslagte.
Tshwane open die Akasia-gemeenskapsbiblioteek