Skip to content

Uitgeskopte SA ambassadeur in Amerika Ebrahim Rasool 72 uur gegee om land te verlaat

# Suid-Afrika se uitgeskopte ambassadeur in Amerika, Ebrahim Rasool, is 72 uur gegee om die land te verlaat. Chrispin Phiri, die woordvoerder van die minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking Ronald Lamola, het aan News24 bevestig dat Pretoria reël om hom “so gou moontlik” terug te hê. Rasool sal dan terugvoer gee oor die saak. Rasool se uitsetting volg op sy opmerkings tydens ‘n webinar gereël deur die dinksentrum, die Mapungubwe Institute for Strategic Reflection. Hy het onder meer die Amerikaanse president Donald Trump se administrasie beskuldig van rassisme en oppermagtigheid.