# Die Mineraleraad van Suid-Afrika sê indien die volle potensiaal van die mynbousektor ontsluit word, kan dit help om verdere belastingverhogings te voorkom. Hulle voer aan as die mynbedryf uitgebrei word sal dit ‘n hupstoot vir die ekonomie wees en inkomste vir die regering genereer, wat op sy beurt die behoefte aan bykomende belasting op ondernemings en burgers sal verminder. Allan Seccombe van die raad vra die regering om ‘n bestendige mynboubeleid, verbeterde infrastruktuur en beter elektrisiteitsvoorsiening te verskaf om groei te bevorder.
Mineraleraad sê die ontsluiting van mynbou-potensiaal is die sleutel om verdere belastingverhogings te vermy