# Frankryk sal terugveg teen enige Amerikaanse tariewe op alkoholiese drankies van die Europese Unie. Buitelandse Handel minister Laurent Saint-Martin sê hulle sal nie toegee aan dreigemente nie nadat president Donald Trump gedreig het om ‘n 200-persent tarief op wyn, sjampanje en ander alkoholiese produkte vanaf Frankryk en ander EU lande in te stel. Die Franse vereniging wat wyn- en spiritualië-uitvoerders verteenwoordig sê hulle belange word prysgegee nadat die Europese Kommissie, wat handel namens hulle lidlande behartig, heffings op Amerikaanse whisky ingestel het.
Frankryk sê hulle sal nie toegee aan dreigemente van Trump om 200% tariewe op wyn en sjampanje in te stel nie