# Die Tuinroete-omgewingsforum is bekommerd oor wêreldwye gebeure wat steeds Suid-Afrika se klimaatsveranderingsprojekte raak. Hy verwag dat Amerika se onttrekking van die Verenigde Nasies se Klimaatsooreenkoms en befondsingsinkortings die uitdagings sal vererger en moontlik programme soos die Billike Energie-oordrag sal raak. Die forum vra Suid-Afrikaners om verantwoordelikheid te aanvaar vir beter omgewingsbestuur om ‘n beter lewensgehalte te skep vir almal wat op natuurlike infrastruktuur en hulpbronne staatmaak.
Kommer oor globale gebeure wat steeds SA se klimaatsveranderingsprojekte raak