# Die Parlement se portefeuljekomitee oor Basiese Onderwys het herhaal geen leerder moet uit die skool gehou word omdat onderwysamptenare nie vir hulle plek kan vind nie. Die komitee het met amptenare van die Gautengse en die Wes-Kaapse Onderwysdepartement vergader. Die Wes-Kaap moes teen einde verlede week nog plek vind vir 16 graad R-leerders en 18 graad 8-leerders vir die huidige skooljaar. In Gauteng is daar 99 leerders wat nog geplaas moet word. Die komitee vra deursigtigheid in die aansoekprosesse om regverdigheid en toegang te verseker.
Parlement se Onderwyskomitee vra regverdigheid met die plasing van leerders in skole