Skip to content

Uitvoerbaarheidstudie aan die gang oor Kaapstad se onvoltooide snelwegbrug

# Die Stad Kaapstad is besig met ‘n uitvoerbaarheidstudie oor die ikoniese onvoltooide snelwegbrug op die Strandgebied. Bouwerk het in die 1970’s begin maar is in 1977 gestaak weens begrotingstekorte. Die burgemeesterskomiteelid vir Stedelike Beweeglikheid, Rob Quintas, het die studie bevestig. Die voormalige minister van Vervoer, Fikile Mbalula, het beraam die voltooingskoste sal sowat 1,8-miljard-rand beloop. News24 berig die metro beoog om die brug te voltooi, hangend openbare deelname en befondsing.