Skip to content

Tesourie open eerste venster vir finansiering van megaprojekte in openbare sektor

# Die Nasionale Tesourie het die eerste tendervenster vir aansoeke ingevolge die Begrotingsfasiliteit vir Infrastruktuur van stapel gestuur wat gemik is op die befondsing van megaprojekte in die openbare sektor. Die venster wat tot die 16de April oop is, sal infrastruktuurvoorstelle van meer as een-miljard-rand oorweeg. Die program fokus op projekte wat fiskale steun benodig om uitvoerbaarheidsgapings te dek. Die Tesourie gaan in die 2025/2026-boekjaar vier aansoekvensters open, met elke kwartaal wat toegewy word aan die hersiening van grootskaalse infrastruktuurvoorstelle.