Skip to content

Nuut-herstelde eenheid 2 by Koeberg weer aanlyn na ongeplande onderbreking

# Eskom sê die Koeberg-kernkragstasie se eenheid twee is suksesvol aanlyn teruggebring. Die eenheid het onklaar geraak weens ‘n stoomlekplek in die herverhittingstelsel, wat oor die naweek fase drie beurtkrag veroorsaak het. Die kragnutsmaatskappy sê die eenheid is geleidelik opgestoot na 646-megawatt en sal steeds sy uitset vermeerder tot die volle kapasiteit van 930-megawatt bereik is. Hy voeg by Koeberg is ‘n sleutelbydraer tot sy energie-opwekkingsvermoë om elektrisiteitsverskaffing te stabiliseer.