# Die minister van Sport, Kuns en Kultuur, Gayton McKenzie, het hulde gebring aan Athol Fugard, en sê Suid-Afrika het een van sy grootste letterkundige en teater-ikone verloor. Die 92-jarige beroemde toneelskrywer, akteur, skrywer en regisseur is by sy huis in Stellenbosch dood. Minister McKenzie sê Fugard het baie van sy voorregte opgeoffer om die storie van Suid-Afrika se pyn onder apartheid dapper en eerlik te vertel. Hy voeg by sy werk het die kulturele en sosiale landskap van die nasie gevorm.
Minister McKenzie sê Suid-Afrika het sy grootste letterkundige in Athol Fugard verloor