Skip to content

Die legendariese Suid-Afrikaanse dramaturg Athol Fugard is op 92 oorlede

# Die bekroonde Suid-Afrikaanse dramaturg, skrywer, akteur en regisseur Athol Fugard is op 92-jarige ouderdom oorlede. Sy werke, wat apartheid uitgedaag en onreg aan die kaak gestel het, sluit in Master Harold, Blood Knot, Hello and Goodbye, en The Road to Mecca. Fugard se roman Tsotsi is verwerk in ‘n rolprent wat in 2006 ‘n Oscar gewen het vir beste vreemdetaalfilm. In 2011 het hy die kroon gespan toe die wêreld se gesogste teatergemeenskap aan hom ‘n Tony vir Lewenslange Prestasie in Teater toegeken het.