# Die EFF sê die Polisie-minister, Senzo Mchunu, se weiering om die Onafhanklike Polisie-ondersoekdirektoraat se verslag oor die Phala Phala-sage bekend te maak, is ʼn doelbewuste poging om te keer dat president Cyril Ramaphosa aanspreeklik gehou word. Minister Mchunu het gesê die OPOD-verslag oor die Amerikaanse dollars wat in 2020 op Ramaphosa se Phala Phala-plaas in Limpopo gesteel is, is as hoogs geheim geklassifiseer en sal nie bekendgemaak word nie. Die EFF sê die minister se weiering is ʼn belediging vir demokrasie en ʼn direkte aanslag op deursigtigheid en aanspreeklikheid.
EFF sê minister Mchunu beskerm Ramaphosa omdat hy nie Phala Phala-verslag bekendmaak nie