Skip to content

Gautengse kinderchirurg onskuldig bevind aan dood van drie pasiënte

# ‘n Bekende Gautengse kinderchirurg is onskuldig bevind aan moord na die dood van drie kinders wat hy geopereer het. Die Hooggeregshof in Johannesburg het bevind die staat kon nie bewys dat Peter Beale op roekelose en bedrieglike wyse onnodige operasies gedoen het om sy finansiële posisie te herstel ná hy 1,5-miljoen-rand in die berugte Tannenbaum Ponzi-skema verloor het nie. Regter Thifhelimbilu Mudau het bevind die staat se saak het in duie gestort sonder ‘n motief. Beale is in 2019 in hegtenis geneem en van moord, strafbare manslag en bedrog aangekla.