# Suid-Afrika sal na verwagting op 31 Maart analoog-TV afskakel, maar kommer neem toe oor vertragings. Broadcast Media Africa berig kontrakteurs waarsku teen ‘n tekort aan digitale dekodeerderbokse, lae installasiefooie en die diefstal van toestelle. Die proses word verder bemoeilik deur betalingsvertragings aan installeerders. eMEDIA, die eienaars van eNCA en etv, het ook met ‘n regsuitdaging begin, weens vrese dat miljoene mense hul toegang tot televisie kan verloor. Daar is 220-duisend huishoudings wat steeds wag op die oorgang en twyfel bestaan oor die nakoming van die sperdatum.
Onsekerheid oor Suid-Afrika se oorgang na digitale TV