Skip to content

Talle mense lewend gevind in metaalhouers ná sneeustorting in Indië

# Talle bouwerkers is lewend gevind in die staat Uttarakhand in die Indiese Himalajas nadat hulle tydens ‘n sneeustorting in metaalhouers vasgekeer is. Die BBC berig van hulle het byna twee-dae lank oorleef omdat daar genoeg suurstof in die houers was. Vier-en-vyftig werkers is Vrydag onder die sneeu begrawe waarvan agt gesterf het toe die sneeustorting ‘n bouterrein getref het. Daar is dikwels sneeu- en grondstortings in die Himalajas, maar kenners sê klimaatsverandering het die uiterste weerstoestande vererger.