Skip to content

Roeier op Stille Oseaan-solovaart gered dae voor voltooiing van sy tog

# ‘n Avonturier wat binne dae ‘n solo-roei van San Diego in Kalifornië na Brisbane in Australië, in ‘n toegeboude boot sou voltooi het, is gered nadat hy in tropiese sikloon Alfred vasgevang is. Die Litauer Aurimas Mockus was op die laaste been van sy tog van 12-duisend-kilometer oor die Stille Oseaan toe hy in die storm beland het. Hy het ‘n noodsein geaktiveer en is deur ‘n oorlogskip van die Koninklike Australiese Vloot gered. Mockus was op koers om een van die min roeiers te word wat die Stille Oseaan alleen en sonder om te stop kon oorsteek.