# Die vermiste Weskus-meisie Joslin Smith se ma en twee medebeskuldigdes het onskuldig gepleit aan ontvoering en mensehandel. Die verhoor van Kelly Smith, haar kêrel, Jacquin Appollis, en hulle vriend, Steveno van Rhyn, het vanoggend begin in die Hooggeregshof wat in Saldanhabaai sit. Die meisie was ses-jaar oud toe sy in Februarie verlede jaar uit haar ma se huis verdwyn het. Talle inwoners woon die verrigtinge by. Joslin se ouma, Lauretta Yon, het aan die media gesê hulle hoop Kelly sal na vore kom en vertel waar haar dogter is.
Joslin Smith se ma, medebeskuldigdes pleit onskuldig aan begin van hulle verhoor