# Nog ‘n spesiale kabinetsvergadering sal vandag gehou word, sodat die regering van nasionale eenheid die nasionale begroting verder kan bespreek. Die minister van Finansies, Enoch Godongwana se begrotingsrede is verlede maand uitgestel nadat die regeringspartye nie konsensus kon bereik oor die voorgestelde verhoging van twee-persent in BTW nie. Die begroting sal nou Woensdag ter tafel gelê word. Die minister in die Presidensie, Khumbudzo Ntshavheni sê die kabinet sal die beste maniere bepaal om die nasionale prioriteite te finansier en te verseker die aspirasies van alle burgers word weerspieël.
Nog ‘n spesiale kabinetsvergadering vir vandag belê om die begroting te bespreek