Skip to content

Professor Karim sê Trump se skielike staking van USAID-fondse hou gevaar in vir SA se MIV/Vigs-reaksie

# Die bekende epidemioloog, Salim Abdool Karim, sê Amerika se skielike verandering in benadering teenoor MIV/Vigs-organisasies hou onnodige gevare in. Die Amerikaanse regering het befondsing aan die Presidensiële Noodplan vir MIV/Vigs-organisasies in Suid-Afrika gestaak. Dit ontvang fondse van die Amerikaanse Agentskap vir Internasionale Ontwikkeling. Die noodplan verteenwoordig 17-persent van die land se MIV/Vigs-begroting. Karim het aan News24 gesê baie MIV-positiewe mense wat behandeling deur noodplanvennote ontvang het, het nou geen toegang tot medisyne nie.