# Die Tshwane-stadsraad het die burgemeester Nasiphi Moya se aanpassingsbegroting vir die 2024/2025-boekjaar goedgekeur. Altesaam 116 raadslede het ten gunste van die begroting gestem, met 88 daarteen, insluitend die DA en Vryheidsfront Plus. Die begroting bly onveranderd op die 50,6-miljard-rand wat in Junie verlede jaar ingedien is. Die burgemeester se woordvoerder, Zintle Mahlati, sê hoewel die totale uitgawes met 704-miljoen-rand toegeneem het, het versigtige finansiële bestuur ‘n begrotingsoorskot van 3,7-miljard tot gevolg gehad:
Tshwane se aanpassingsbegroting vir 2024/2025 goedgekeur [KLANK]
ENG MahlatiOnRevenueAdjustments