# President Donald Trump se Amerikaanse administrasie het die beëindiging van USAID-befondsing vir MIV-programme in Suid-Afrika aangekondig, wat onmiddelik in werking tree. News24 berig dit sal verskeie organisasies raak wat ondersteuning ontvang deur die President’s Emergency Plan For AIDS Relief. Hierdie stap sal meer sterftes en terugslae tot gevolg hê in die stryd teen MIV en tuberkulose. Dit is in 2003 van stapel gestuur om vigs te beveg in lande met hoë MIV-besmettingskoerse. Suid-Afrika het sedertdien sowat 145-miljard-rand ontvang, met sowat 8,1-miljard-rand wat vir die huidige Amerikaanse boekjaar tot 30 September was.
Trump staak MIV-hulp aan SA onmiddellik