# Geboortes in Japan het verlede jaar nog ‘n rekordlaagtepunt bereik en die negende agtereenvolgende jaar gedaal. Jongmense stel hulle troues uit terwyl die bejaarde bevolking toeneem. Die syfers beklemtoon die dramatiese demografiese uitdagings waarmee die wêreld se vierde grootste ekonomie worstel te midde van ‘n krimpende arbeidsmag wat die koste moet dra vir die versorging van die bejaarde bevolking. Geboortes was in 2024 vyf-persent laer as in 2023 en is die laagste sedert rekordhouding in 1899 begin het. Daar was verlede jaar dubbel soveel sterftes as geboortes.
Geboortes in Japan laagste sedert begin van amptelike rekordhouding in 1899