# President Cyril Ramaphosa sal vandag die hoofrede lewer by die opening van die 2025 Basiese Onderwyssektor Lekgotla. Die byeenkoms van drie dae by die Birchwood Hotel in Benoni word aangebied onder die tema, Strengthening Foundations for Learning for a Resilient Future Fit Education System. Die departement sê die tema stem ooreen met die Afrika-Unie se 2024 Jaar van Onderwys en Suid-Afrika se G20-agenda. Dit fokus op vroeë kinderontwikkeling, geletterdheid en onderwyserondersteuning.
President Ramaphosa open 2025 Basiese Onderwys Lekgotla