# Verbruikersinflasie het in Januarie tot 3,2-persent gestyg, die eerste vasstelling nadat die mandjie goedere aangepas is. Dit is effens hoër as die 3-persent in Desember en effens laer as wat ekonome verwag het. Die nuwe mandjie sluit items in waarop Suid-Afrikaners meer geld bestee. Die Reserwebank sal hierdie data in berekening bring wanneer hy op 20 Maart sy volgende besluit oor die rentekoers moet neem. Dit hang ook af van wat in die finale nasionale begroting besluit word aangesien ‘n verhoging in BTW ook tot hoër inflasie sal lei.
Inflasie styg tot 3,2% nadat mandjie goedere aangepas is