# Die DA het adjunk-president Paul Mashatile en Vervoerminister Barbara Creecy by die Openbare Beskermer verkla omdat hulle glo ingemeng het in die aanstellingsproses van die nuwe uitvoerende hoof van SAA. DA-woordvoerder Willie Aucamp beweer John Lamola, die kandidaat met die laagste punte, word gesteun om aangestel te word bo ander beter gekwalifiseerde kandidate. Aucamp beweer geheime onderhoude is gevoer en daar is druk op die SAA-raad. Hy moedig die kabinet aan om Lamola se aanstelling te verwerp:
DA verkla Mashatile, Creecy by Openbare Beskermer oor aanstelling van SAA se uitvoerende hoof [KLANK]
AFR-AucampOnSAA