Skip to content

DA verwerp belastingverhogings en sê begroting moet op groei en werksgeleenthede fokus

# Die DA vra dat die hersiene 2025-begroting voorrang gee aan groei en werkskepping en nie belastingverhogings nie. Die DA se woordvoerder vir Finansies, Mark Burke, voer aan die tekort van 60-miljard-rand kan gedek word deur verkwistende staatsbesteding te besnoei eerder as om landsburgers te belas. Die party stel kostebesnoeiingsmaatreëls, ekonomiese hervormings en beter belastingnakoming voor om inkomste ‘n hupstoot te gee. Hy is oortuig dat Suid-Afrika met ‘n bestedings-klassifiseringsprobleem worstel, en eis dat nuwe belastingverhogings deur die regering verwerp word.