# Die IVP het ‘n veldtog van stapel gestuur om Ithala te verdedig te midde van die dreigende sluiting van die KwaZulu-Natalse bank. Die party het ‘n versoekskrif by die Reserwebank ingedien waarin gevra word dat die bank se likwidasie gestaak en ‘n banklisensie goedgekeur word. IVP-leier Velenkosini Hlabisa sê hulle beskerm die erfenis van die ontslape partyleier, prins Mangosuhto Buthelezi, wat die bank gestig het, en verdedig die weerlose mense wat daarop staatmaak.