Skip to content

SABC Uitvoerende Groepshoof Nomsa Chabeli lid van wêreldtaakspan vir openbare media

# Die groep uitvoerende hoof van die SABC, Nomsa Chabeli, is aangestel in die gesogte Globale Taakspan vir Openbare Media, wat daarop gemik is om wêreldwyd die rol van media in die staatsdiens te versterk, in die bevordering van demokrasie en kultuur. Chabeli sluit aan by medialeiers van regoor die wêreld, insluitend van die British Broadcasting Corporation, die Canadian Broadcasting Corporation en Radio Canada. Chabeli beklemtoon die uitdagings van openbare uitsaaiers, insluitend waninligting en tegnologiese ontwrigting. Sy sê dit is belangrik om waardes soos onpartydigheid, aanspreeklikheid en hoë joernalistieke standaarde te handhaaf.