Skip to content

Stigting sê Gauteng verander na blou maar koalisie-chaos dreig

# Die Vryemarkstigting sê Gauteng het na blou verander ná die ANC se swak vertoning in die verkiesing. Die DA loop voor in Johannesburg en Tshwane, waar die ANC se steun tot onder 21-persent gedaal het. ActionSA het met die beslissende stem na vore getree, wat koalisiegesprekke bemoeilik. Woordvoerder Nicholas Woode-Smith waarsku kleinlike politiekery en persoonlike vendettas kan die mag aan die ANC teruggee. Hy sê kiesers het gevra vir ‘n bekwame regering, betroubare water- en kragtoevoer en aanspreeklikheid, en partye moet nou bestendige koalisies bo wraak-politiek stel.