# Die vakverbond SAFTU veroordeel Continental Tyres se plan om sy band-aanleg in Gqeberha vroeg volgende jaar te sluit. Dit sal tot sowat 950 werksverliese lei. Die maatskappy skryf dit toe aan jare lange onderbenutting, groter mededinging van goedkoop invoere, stygende energiekoste, ontwrigting in voorsieningskettings en vervalle infrastruktuur. SAFTU-woordvoerder Asive Dyani sê Suid-Afrika kan nie ʼn toekoms aanvaar waar multinasionale maatskappye fabrieke sluit, hulle verkope en verspreidingsnetwerke behou en die land in ʼn pakhuis vir ingevoerde goedere verander nie:
SAFTU sê regering moet ingryp by 950 moontlike werksverliese by Continental Tyres in Gqeberha [KLANK]
ENG DyaniONContinentalTyres