# Twee taxibestuurders van Kaapstad, onderskeidelik 26 en 29 jaar oud, is in Dutywa in die Oos-Kaap doodgeskiet. ‘n Polisiewoordvoerder, Khaya Tonjeni, sê twee gewapende verdagtes het na bewering ‘n woonstel binnegegaan waar ‘n 14-jarige seun geslaap het, en na sy broer gevra. Die twee slagoffers is doodgeskiet in ‘n slaapkamer aangetref. Albei was lede van die Cape Organisation for the Democratic Taxi Association, (CODETA) en het onlangs van Kaapstad aangekom. Niemand is nog in hegtenis geneem nie, en die motief is steeds onbekend.
Twee Kaapstadse taxibestuurders in Dutywa doodgeskiet