# Transnet sê ses van die 16 vaartuie met noodsaaklike farmaseutiese voorrade is by die Durbanse hawe se Gateway Terminal afgelaai en vraghouers het die hawe verlaat. Die operasie is deel van pogings om die medisyne-tekort by staatshospitale en -klinieke te hanteer. Nog drie vaartuie sal na verwagting in die komende dae vasmeer en sewe is op pad na Suid-Afrikaanse hawens. Transnet sê hy gee voorkeur aan noodsaaklike vrag en beoog om ook ander terminale te gebruik om die lewering van noodsaaklike mediese voorrade te verhaas.
Transnet maak vordering met agterstand in mediese voorrade by Durbanse hawe