Skip to content

Twee seekoeie vrek in Kenia na hulle visnette en mieliestronke insluk

# Twee seekoeie het in die Naivasha-meer in Kenia gevrek nadat hulle weggegooide visnette en mieliestronke ingesluk het. Die Keniaanse Natuurlewediens sê ‘n nadoodse ondersoek het bevind een jong wyfie het sintetiese nette ingesluk, wat haar spysverteringstelsel geblokkeer het. Die tweede, ‘n volwasse wyfie, is dood nadat haar maag erg opgeblaas het. Dit het druk op haar longe veroorsaak en normale asemhaling verhoed. Die mieliestronke wat in haar maag gevind is, het moontlik bygedra tot die opbou van gas. Natuurlewebeamptes het gemeenskappe gemaan om verantwoordelik van nette ontslae te raak en gevaarlike kos weg van diere te hou.