Skip to content

Cachalia teiken alkoholmisbruik in strategie teen misdaad [KLANK]

# Die waarnemende minister van Polisie, Firoz Cachalia, sê die regering gee voorrang aan strenger regulering van alkohol om geweldsmisdaad aan te pak. Hy het die misdaadstatistiek vir die tweede kwartaal, vanaf Julie tot September, bekend gemaak. Cachalia het planne uiteengesit om die aantal tavernes naby skole en woongebiede te beperk, handelsure te verkort en die beskikbaarheid van alkohol in hoëmisdaadgemeenskappe te beheer. Hy sê die stryd teen alkoholmisbruik vorm deel van ‘n tien-jaar-strategie om moord, verkragting en aanranding te verminder:

ENG-CachaliaOnAlcohol