Skip to content

NVG sê geslagsgeweld-skuldigbevindings neem landwyd toe

# Die Nasionale Vervolgingsgesag behaal aansienlike sukses met skuldigbevindings en behoorlike tronkstraf in sake van geslagsgeweld en vrouemoord. Onlangse uitkomste van vervolgings sluit verskeie lewenslange vonnisse en lang tronkstraf in vir verkragting, vrouemoord, poging tot moord, geweld deur ‘n lewensmaat, mensehandel en die seksuele misbruik van kinders. In die Johannesburg-Suid-afdeling alleen is ʼn skuldigbevinding-koers van 76,2-persent vir seksuele oortredings aangeteken en 100-persent vir vrouemoord. Die NVG sê hy is vasbeslote om oortreders aanspreeklik te hou en geregtigheid te verseker vir slagoffers en oorlewendes.