Skip to content

Zille erken nederlaag, maar beloof om stryd in Johannesburg voort te sit

# Die DA se burgemeesterskandidaat, Helen Zille, erken die nederlaag in Johannesburg en sê die party moet nou sy rol in die opposisie inneem en die beste wees wat hy kan wees. Sy glo die koalisie tussen die ANC, ActionSA, die EFF en die MK-party wat die stad gaan regeer, gaan onbestendig wees. Zille sê die DA se veldtog het meer opposisiekiesers gelok as verwag, en die party kan steeds help om ‘n stadsbestuur in Johannesburg in die termyn te verseker wat werk. Zille het haar boodskap aan kollegas afgesluit met die woorde “A luta continua.”