# AfriForum doen ’n beroep op die regering en die polisie om met georganiseerde gemeenskappe saam te werk in die stryd teen misdaad. Die organisasie het die beroep gedoen tydens ’n besoek deur die Amerikaanse ambassadeur in Suid-Afrika, Leo Brent Bozell, aan sy gemeenskapsveiligheidsentrum in Bloemfontein. AfriForum het aan Bozell gewys hoe tegnologie en gemeenskapspatrollies ingespan word om op misdaad te reageer. Kallie Kriel van AfriForum sê gemeenskapsgebaseerde veiligheidsinisiatiewe behoort as vennote beskou te word in die bevordering van openbare veiligheid:
AfriForum wys streeksveiligheidsplan in Bloemfontein aan VSA-ambassadeur [KLANK]
AFR KrielOnCrimeFighting