Skip to content

Ramaphosa besoek Stanford-universiteit se robotika-laboratorium

# President Cyril Ramaphosa het Stanford-universiteit se robotika-laboratorium in Amerika besoek, waar hy ingelig is oor die jongste navorsing oor robotika en kunsmatige intelligensie. Professor Allison Okamura van die universiteit se ingenieursdepartement staan aan die hoof van die laboratorium. Die besoek is deel van Ramaphosa se werkbesoek om Suid-Afrika se navorsing-, innovasie- en tegnologiese vermoëns te versterk. Verskeie kabinetsministers vergesel hom, insluitend die minister van Internasionale Betrekkinge, Ronald Lamola, die minister van Finansies, Enoch Godongwana, en die minister van Wetenskap en Innovering, Blade Nzimande.