# Harry Styles, Sam Fender en Billie Eilish sal as hoofkunstenaars optree by volgende jaar se Glastonbury-fees in Brittanje, terwyl Cher die gesogte Sondagmiddag-gleuf vir legendes sal inneem. Die fees is van 23 tot 27 Junie terug op Worthy Farm in Somerset, na ‘n blaaskans vanjaar sodat die terrein kon herstel. Styles maak sy debuut by Glastonbury, terwyl Eilish vir die tweede keer as hoofkunstenaar optree. Ander kunstenaars sluit in Massive Attack, Lily Allen, Kraftwerk, The XX en Little Simz. Kaartjies is verlede maand binne 42 minute uitverkoop, nog voor die lys van kunstenaars bekendgemaak is.
Harry Styles, Cher en Billie Eilish onder Glastonbury hoofkunstenaars