Skip to content

Herstemming onderweg in Sitancuma-munisipaliteit

# Herstemmery is aan die gang in die Bongani-gemeenskapsaal in Wyk Drie in Douglas in die Siyancuma-munisipaliteit in die Noord-Kaap. Dit volg op ‘n voorval op 5 November toe ‘n honderd stembriewe verwoes is tydens die ontwrigting van stem-tellery by ‘n stempunt. Die uitslag sal die wyk se verteenwoordiging op die raad bepaal. Die herstemming is geskeduleer om te verseker die betrokke kiesers kry die geleentheid om hulle kruisies te trek en dat die verkiesingsproses regverdig verloop.