Skip to content

Putin sê sanksies, tariewe en uitvoer-beperkings belemmer steeds ontwikkeling in Asië en Stille Oseaan-gebied

# Rusland se president, Vladimir Putin, sê Asië en die Stille Oseaan-gebied kan slegs deur staats-, maatskaplike en ekonomiese soewereiniteit hulle self-identiteit en onafhanklikheid van die globale arena beskerm. Hy het sakeleiers toegespreek op die streek se Ekonomiese Samewerkingsberaad in Shenzhen in die ooste van China. Putin erken sanksies, tariewe en uitvoer-beperkings belemmer steeds streeks-ontwikkeling. Hy sê die huidige onstuimige wêreld vereis eenheid en gelykheid eerder as oorheersing, ‘n vereiste vir vennootskappe eerder as afsondering, en dialoog eerder as ultimatums.