Skip to content

Zondo veroordeel gewese Eskom-baas Koko wat Staatskapingskommissie se hoofbevinding teen hom systap

# Oud-hoofregter Raymond Zondo kritiseer Eskom se voormalige hoof, Matshela Koko, omdat hy nie die Staatkapingskommissie se verdoemendste bevinding teen hom uitdaag nie. Koko het in 2022 ’n hersieningsaansoek by die Gautengse Hooggeregshof ingedien om sekere gevolgtrekkings tersyde te laat stel, maar die hoofbevinding weggelaat dat hy aktief met die Gupta-familie saamgewerk het om Eskom te kaap. Zondo sê in ʼn beëdigde verklaring van 202 bladsye Koko se doelbewuste versuim om dit uit te daag, is ʼn onuitgesproke aanvaarding dat hy geen redelike kans op sukses het nie.