# Die DA-leier Geordin Hill-Lewis sê die aard van koalisies vereis toegewings eerder as onmoontlike eise. Dit volg nadat ActionSA gesê het hy gaan nie met die DA onderhandel terwyl Helen Zille en Cilliers Brink die party se burgemeesterskandidate vir Johannesburg en Tshwane is nie. Die DA het die meeste stemme in die Gautengse metro’s gekry, terwyl ActionSA die derde meeste in Johannesburg en Ekurhuleni, en tweede meeste in Tshwane gekry het. Geordin Hill-Lewis sê wanneer mense onderhandelings begin deur “geen ooreenkoms” te verklaar, is dit moeilik om wel ʼn ooreenkoms te bereik.
DA-leier sê partye moet toegewings maak in koalisie-onderhandelings in Gauteng